Nuus
Nuus
Alles oor Fleckvieh
KI Bulle
Artikels
Skakels
Xseed Genetics
Tuisblad
Foto album
Duitse toer

Holstein en Fleckvieh wêreldwyd aan die voortou by suiwel rasse - ICAR verslag

 

Wereldwyd konsentreer die melkbees bedrywe op sewe rasse blokke. Die grense tussen sommige populasies is soms onduidelik of die oorgang van die een na die ander vloeiend.

 

 Die laaste ICAR-verslag van melkaangetekende koeie lewer bykomend die getalle van die verskillende groepe. (sien tabel) . In die EU is dit veral Holstein en Fleckvieh wat domineer (Vertaal vanuit Duits: ADR-07/09 )

In hierdie ICAR verslag is 3 lede van die Simmentaler wereld federasie in verskillende groepe ingedeel nl die Franse Abondance sorteer onder die 19 ander, en die Montbeliarde in sy eie groep. Indien die Wereld Simmentaler Federasie se lede saam gegroepeer word, maak Simmentaler in hierdie verslag 1,95 miljoen (16%) van Europa se lakterende melkbeeste uit en wêreldwyd bykans 2 miljoen (10,2%). Die Simmentaler wêreldpopulasie wat alle diere insluit (vleis en melk) staan op ‘n totaal van 41 miljoen diere. (MJ S)

 

Lakterende koeie in melkaantekeninge

 

 

Europese Unie

Wereldwyd

Rasse

Lande

Miljoen

%

Lande

Milj

%

Holstein

23

7,95

72,1

31

14,04

73,4

Fleckvieh

8

1,35

12,3

10

1,55

8,1

Jersey

10

0,08

0,7

18

0,75

3,9

Rooi rasse

8

0,50

4,5

10

0,66

3,5

Braunvieh

9

0,34

3,1

13

0,50

2,6

Montbeliarde

3

0,40

3,6

3

0,40

2,1

Normandie

2

0,26

2,4

2

0,26

1,4

19 Ander

 

0,07

0,6

 

0,14

0,8

Kruisings

1

0,08

0,7

2

0,83

4,3

 
 
Icar: Melk produksie van Simmentalerpopulasies in lande van oorsprong 2007
  Country       Breed         Cows Milk 305 day`s    Fat %     Pr % Calving interval (days)
  Germany   
  Fleckvieh   
872 880
 6 653
  4,13   
  3,49   
394
  Austria
  Fleckvieh   
224 298
6 648
  4,16   
  3,40 
 
  Italy   
 Pezzata Rosa
32 463
6 513
 3,90   
  3,41 
 
  France   
  Montbéliarde   
382 965
 6 671  
  3,89   
  3,42   
389
  France   
 Abondance   
21 073
  5 010   
  3,69   
  3,48   
394
 
 
Munchen-Grub koop Kroatiese ki-stasie - 30 Maart 2009
 
Die Suid Beierse Fleckvieh ki-organisasie Munchen-Grub (Bavarian Fleckvieh Genetics) het n belangrike aandeel vewerf in Centar, die grootste KI Vereniging in Kroasie. Die Kroatiese regering ondersteun hierdie oorname om so doende die land se veebedryf spoedig te moderniseer. 80% van die’ land se bees populasie bestaan uit Fleckvieh.
Wereldwyd is die toenemende vraag na Fleckvieh n gevolg van die behoefte aan sterker koeie met beter vrugbaarheid en uiergesondheid. Met die aankoop van Centar het Munchen-Grub nou ook n belangrike posisie in Suid Europa verwerf. Centar het 75% van die Kroatiese semen mark. Jaarliks verrig Centar 240.000 1e inseminsies met Fleckvieh semen en 40.000 1e inseminasies met Holstein semen. Die Kroatiese regeringshoof Ivo Sanader het in Zagreb tydens die kontrak ondertekening gese dat dit n ‘groot stap voorwaarts’ is vir die Kroatiese melkvee bedryf. Kroasie sien Munchen-Grub as die belangrikste leweransier van moderne dubbeldoelkoeie. Sanader is verheugd dat die Kroatiese boer nou ook kan voordeel trek uit die wereld se beste Fleckvieh genetika.
 
Fleckvieh Genootskap in Suid Tirol word lid van Munchen-Grub - 30 Mrt 2009
 
Tydens die jaarvergadering van die Fleckvieh Genootskap van Suid Tirol in Bolzano (Noord Italië) op 21 Maart, is die aansluiting by Munchen-Grub bekend gemaak. Dit beteken dat die ki-vereniging Munchen-Grub (Bavarian Fleckvieh Genetics) nou bestaan uit 5 Fleckvieh Genootskappe uit Suid Beiere, 1 Fleckvieh Genootskap uit Oostenryk, 1 Fleckvieh Genootskap uit Italië en een ki-organisasie uit Tjegie. Die Fleckvieh Genootskap van Suid Tirol het 2 200 lede met 13 500 Fleckvieh koeie op die suidelike helling van die Alpe. Dit is ‘n extreme berggebied. Die koei kuddes hier is klein, maar nerens, buiten Beiere, loop beter Fleckvieh koeie as in die noordelike deel van Italië nie. Met hierdie byvoeging kan BFG net nog beter keuses van Fleckvieh genetika aan sy kliente verskaf.
 
Rekordbedrag op Fleckvieh veiling -30 Mrt 2009

Op twee veilings in Beiere betaal ki-vereniging Munchen-Grub rekord bedrag vir beloftevolle jong Fleckvieh bulle. Op die elite-veiling in Traunstein is n Harvester-seun vir 21.000 euro na Munchen-Grub. Vorige week, op die veiling in Wertingen koop BFG n Manitoba-seun vir 30.000 euro.

Fleckvieh kruisverse behaal meer op veiling as suiwer Holsteins.
Klik vir artikel.
 
Kaasfees foto`s
fleckvieh002001.jpg

Fleckvieh uitstalling op SA Kaasfees te Bien Donné ontvang toekenning vir beste uitstalling!

Klik vir fotos`s

Fleckvieh in groot aanvraag in Kenia- Eerste Fleckvieh`s van SA na Kenia uitgevoer. (Klik vir artikels)
 
Kaapse koeie na Kenia - Die Burger
High-yielding dual-purpose cattle breed arrives in Kenya - The Standard (Kenya)
Dual-purpose cattle to be introduced in Kenya - Business Daily (Kenya)