Holstein en Fleckvieh węreldwyd aan die voortou by suiwel rasse - ICAR verslag
Wereldwyd konsentreer die melkbees bedrywe op sewe rasse
blokke. Die grense tussen sommige populasies is soms onduidelik of die oorgang van die een na die ander vloeiend.
Voorbeelde is die
vermenging van Holstein en Rooi Holstein, die gebruik van Finland se Ayrshire binne die Skandinawiese “Reds” en Baltiese rasse. Daarmee
saam hierdie blok se verbintenis en gebruik van Braunvieh. Die laaste ICAR-verslag van melkaangetekende koeie lewer bykomend die getalle
van die verskillende groepe. (sien tabel) . In die EU is dit veral Holstein en Fleckvieh wat domineer, ander rasse hier met genoegsame
populasie vir suksesvolle genetisie vooruitgang is die rooi rasse en Braunvieh. Onder die 19 “Ander rasse” sorteer die tradisionele
Britse rasse soos die Ayrshire, Guernsey en Shorthorn. Ook die Kontinentale rasse soos Abondance, Gelbvieh, Valdostana, Grauvieh,
Pinzgauer, Finse landrasse en ander. In die meeste ontwikkelde lande word hoofsaaklik op suiwer rasse gekonsentreer terwyl in New
Zeeland kruisteling sterk gepromoveer word. (Vertaal vanuit Duits: ADR-07/09 )
In hierdie ICAR verslag is 3 lede van die Simmentaler
wereld federasie in verskillende groepe ingedeel nl die Franse Abondance sorteer onder die 19 ander, en die Montbeliarde in sy eie
groep. Indien die Wereld Simmentaler Federasie se lede saam gegroepeer word, maak Simmentaler in hierdie verslag 1,95 miljoen (16%)
van Europa se lakterende melkbeeste uit en węreldwyd bykans 2 miljoen (10,2%). Die Simmentaler węreldpopulasie wat alle diere insluit
(vleis en melk) staan op ‘n totaal van 41 miljoen diere. (MJ S)
Lakterende koeie in melkaantekeninge
|
|
Europese Unie |
Wereldwyd | ||||
|
Rasse |
Lande |
Miljoen |
% |
Lande |
Milj |
% |
|
Holstein |
23 |
7,95 |
72,1 |
31 |
14,04 |
73,4 |
|
Fleckvieh |
8 |
1,35 |
12,3 |
10 |
1,55 |
8,1 |
|
Jersey |
10 |
0,08 |
0,7 |
18 |
0,75 |
3,9 |
|
Rooi
rasse |
8 |
0,50 |
4,5 |
10 |
0,66 |
3,5 |
|
Braunvieh |
9 |
0,34 |
3,1 |
13 |
0,50 |
2,6 |
|
Montbeliarde |
3 |
0,40 |
3,6 |
3 |
0,40 |
2,1 |
|
Normandie |
2 |
0,26 |
2,4 |
2 |
0,26 |
1,4 |
|
19 Ander |
|
0,07 |
0,6 |
|
0,14 |
0,8 |
|
Kruisings |
1 |
0,08 |
0,7 |
2 |
0,83 |
4,3 |
Munchen-Grub
koop Kroatiese ki-stasie - 30 Maart 2009
Die Suid Beierse Fleckvieh
ki-organisasie Munchen-Grub (Bavarian Fleckvieh Genetics) het `n belangrike aandeel vewerf in Centar, die grootste KI Vereniging
in Kroasie. Die Kroatiese regering ondersteun hierdie oorname om so doende die land se veebedryf spoedig te moderniseer. 80% van die’
land se bees populasie bestaan uit Fleckvieh.
Wereldwyd is die toenemende vraag na Fleckvieh `n gevolg van die behoefte aan sterker
koeie met beter vrugbaarheid en uiergesondheid. Met die aankoop van Centar het Munchen-Grub nou ook `n belangrike
posisie in Suid Europa verwerf. Centar het 75% van die Kroatiese semen mark. Jaarliks verrig Centar 240.000 1e inseminsies met Fleckvieh
semen en 40.000 1e inseminasies met Holstein semen. Die Kroatiese regeringshoof Ivo Sanader het in Zagreb tydens die kontrak ondertekening
gese dat dit `n ‘groot stap voorwaarts’ is vir die Kroatiese melkvee bedryf. Kroasie sien Munchen-Grub as die belangrikste leweransier
van moderne dubbeldoelkoeie. Sanader is verheugd dat die Kroatiese boer nou ook kan voordeel trek uit die wereld se beste Fleckvieh
genetika.
Tydens die jaarvergadering van die
Fleckvieh Genootskap van Suid Tirol in Bolzano (Noord Italië) op 21 Maart, is die aansluiting by Munchen-Grub bekend gemaak.
Dit beteken dat die ki-vereniging Munchen-Grub (Bavarian Fleckvieh Genetics) nou bestaan uit 5 Fleckvieh Genootskappe uit Suid Beiere,
1 Fleckvieh Genootskap uit Oostenryk, 1 Fleckvieh Genootskap uit Italië en een ki-organisasie uit Tjegie. Die Fleckvieh Genootskap
van Suid Tirol het 2 200 lede met 13 500 Fleckvieh koeie op die suidelike helling van die Alpe. Dit is ‘n extreme berggebied. Die
koei kuddes hier is klein, maar nerens, buiten Beiere, loop beter Fleckvieh koeie as in die noordelike deel van Italië nie. Met hierdie
byvoeging kan BFG net nog beter keuses van Fleckvieh genetika aan sy kliente verskaf.
Op twee veilings in Beiere betaal ki-vereniging Munchen-Grub rekord bedrag vir beloftevolle jong Fleckvieh bulle. Op die elite-veiling in Traunstein is `n Harvester-seun vir 21.000 euro na Munchen-Grub. Vorige week, op die veiling in Wertingen koop BFG `n Manitoba-seun vir 30.000 euro.