17 JUNIE 1795 - DIE REPUBLIEK SWELLENDAM

Posted by Thys on Fri July 3, 2020 in HISTORY.

Die Nasionale Vergadering van die Republiek van Swellendam verklaar op 17 Junie 1795 vanuit die Drosdy:
" Want wij lang genoeg in het juk der Slaverny zyn geweest en wy nu geresolveert zyn het leste droppel bloed voor onze lieve Vaderland te waagen en ons onder een Vrye Republiek te sorteeren."
Met hierdie resolusie het die Swellendamse Patriotte die gesag van die Kompanjie finaal afgeskud. Die VOC vlag word gestryk en die rooi wit en blou vlag word gehys en die` vlag sou later die basis vorm van die Republiek van Natalia 1839, die Vierkleur 1857 en ook in die Vrystaatse vlag 1854.....

Die groot stryd van ’n pasgebore nasie teen die oorheersing en uitbuiting van die Oos-Indiese Kompanjie, wat as vreemde onderdrukker beskou is, was nog steeds aan die gang. Burgers was o.a. ontevrede met die beleid van die Kompanjie t.o.v. die oos grens waar swerwende en plunderende Xhosas sedert 1770 opgedaag het, die Visrivier begin oorsteek, en wyd plase begin plunder het. Hul was ook ontevrede oor wanbestuur van die Kompanjie en uitermate hoe belastings wat gehef is.

Die nasionaalbewuste Afrikaanse patriotte het ’n beroep op die Nederlandse State-generaal gedoen om hulle te help om hulle ideale verwesenlik te kry, dog ook dit het nie die gewenste resultate gehad nie. Besiel deur die voorbeeld van die Amerikaanse en die Franse rewolusies, het die burgery nou besluit om die hef in eie hande te neem en hulself eenvoudig met geweld vry te maak van die Kompanjie se juk. Aan hierdie Patriottebeweging het ook Hermanus Steyn deelgeneem. Oor die aandeel wat hy daaraan geneem het tydens die sewentiger- en tagtigerjare, is niks van bepaalde aard bekend nie. Soveel staan vas dat hy hom gedurende die tydperk seker veel moes opgeoffer het in belang van die beweging, want gaandeweg is hy deur die patriotte in sy distrik as hulle voorman beskou.

Op 17 Junie 1795 het `n aantal burgers van Swellendam by die Drosdy opgedaag waarby segsman Paul Fouche verklaar het dat Pieter Delport as Nasionale Kommandant aangewys is. Hy beveel die heemraad om die gebou te verlaat. Landros Faure is ook uit Swellendam verban. ’n Vergadering van burgers is byeengeroep en Swellendam is as ’n onafhanklike republiek verklaar. `n Nuwe bestuursliggaam is in gestel naamlik die Nasionale vergadering. Hermanus Steyn is op Swellendam deur die vergaderde burgers tot president verkies omdat hy as ’n “standvastige, eerlike en betroubare” persoon beskou is; “ ’n stil man, waardig en hoflik.” Die oom van Hermanus Steyn naamlik Jacobus Steyn word ook tot die Nasionale vergadering van die Republiek verkies. Jacobus Steyn was `n gebore leier en word tot verskeie belangrike posisies verkies. Hy was lid van die Heemraad, `n burgerkornet, ritmeester van die eerste kompanjie van Swellendam se landmilisie en lid van die Krygsraad. (Jacobus Steyn het reeds geboer op Grootvadersbosch vanaf 1750 (aan de Tradouw) waar hy ook begrawe is na sy dood in 1801, die plek van die graf is egter nie bekend nie .)

Die Nasionale Vergadering verklaar:" Want wij lang genoeg in het juk der Slaverny zyn geweest en wy nu geresolveert zyn het leste droppel bloed voor onze lieve Vaderland te waagen en ons onder een Vrye Republiek te sorteeren." Met hierdie resolusie het die Swellendamse Patriotte die gesag van die Kompanjie finaal afgeskud.

In Julie 1795 maak `n Britse vloot voorbereidings om Kaapstad in te val. Komandant Delport met 168 Swellendamse Republikeine vertrek na Kaapstad om die Kompanjie te help teen die aanval. Kommandant P.J. Delport skryf op 10 Julie 1795 aan "Meyn Heer Generaal van de vloot van de Koning van Groot Brittanje - ....en as U Ed. ons nie in vrede wil laat nie, dan kan U ed. te wagte wees dat U miskien alles sal verspeel. Want ons het nog goeie Skutters in ons land wat hulle vyand wel in die oe durf kyk." Op 7 Augustus vind die slag van Muizenberg plaas. Die Swellendammers het hardnekkig weerstand gebied nadat die Kompanjie se pandoere gevlug het. Maar helaas die Swellendammers moes ook voor die oormag uitvlug. Op 15 September onderteken die Kompanjie se goewerneur die vredesverdrag met Britanje. Swellendam teken eers goed twee maande later terwyl Delport weier om die eed van getrouheid af te le. Delport word daarna deur die Britse goewerneur McCartney verban.