FW REITZ (Snr), STIGTER VAN SWELLENDAM LANDBOU GENOOTSKAP

Posted by Thys on Tue February 19, 2013 in HISTORY.

FW Reitz (snr.), Vader van wetenskaplike landbou in die Kaap kolonie, stigter van Swellendam Landbou Genootskap 1832. "Organized agriculture was a revolutionary concept to the nineteenth century Cape. Competitive exhibition is perhaps the final test of a farmer's affinity with his soil and his stock, for it demands a pride of ownership and achievement that is a sensitive gauge of a farming community's virility. For the first quarter-century of its existence, F.W. Reitz was-in the guise of Secretary - the sine qua non of the SwellendamAgricutural Society, the only body apart from the Cape of Good Hope Agricultural Society in the Western Cape. Single-handed, through the force of his vigorous pen, he induced other Overberg towns to stage agricultural shows...."

Francis William Reitz (Sr.) is in 1810 te Kaapstad gebore. Hy was die jongste seun van Jan Frederik Reitz. Sy moeder, die dogter van die welvarende grondeienaar Dirk Gysbert van Reenen. Sy name was opgegee as Francois Guillaume Reitz, maar dit was tydens die Napoleantiese oorlog en die Britse Vloot kapelaan wat die baba se doop behartig het, verander die name summier na Francis William Reitz. Engelse name wat die seun van Hollandse afkoms vir ewig sou dra.


In 1827 op ’n baie jong ouderdom koop FW Reitz en Michiel van Breda (Jnr.) die plaas Rhenoster fontein aan die walle van die Breede rivier naby Swellendam. Twee jaar later vertrek hy vir studies na Skotland. Na sy studies onderneem hy ’n groot landbou toer deur Europa. Hy het onder andere die Pruisiese koninklike stalle in Dresden besoek, merino kuddes in Nantes en Saxony asook die Italiaanse besproeiing stelsels gaan bekyk. Dit het die grondslag gelê vir sy idee`s oor landbou in die besonder. Sy sienings en insigte het rewolusionêre veranderings tot gevolg gehad reg deur landbou in Suid-Afrika gedurende die 1800`s. Vars van Europa skryf hy die pamflet: “Observations on the Merino” Dit is ook in 1834 deur George Greig gepubliseer. Die notas van sy Europese toer, geskryf in netjiese handskrif, saam met ander boeke, dokumente en geskrifte wat deur sy pen gevloei het, is geërf deur sy seun FW Reitz (Jnr.). FW Reitz (jnr.) is gebore op die plaas Rhenosterfontein in Swellendam distrik. Hy het nie net sy vader se naam gedra nie, maar was soos sy vader, ook ’n leier, digter en skrywer. Hy was parlementslid vir die Kaapkolonie, 5de President van die Oranje-Vrystaat, staats sekretaris van die Zuid Afrikaanse Republiek en eerste president van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika. Tydens die Tweede Vryheids oorlog het die totale versameling dokumente en boeke van sy vader, FW Reitz (sr.) in Britse hande geval en het dit verlore geraak vir die nageslag vir ewig.
Edmund Burrows skryf in Overberg Outspan as volg : “British troops neared Pretoria, the President stacked all his books(as well as his father's collection) in the lounge of his house. After the War all trace of his excellent l.a.w. library had vanished: Deneys Reitz said that the books were carted away as hospital literature for sick Tommies.
F.W. Reitz's (Sr.) over seas education laid the basis of the broad, scientific outlook that made him at once return the premier agricultural reformer of the Cape Colony. But more important than this scientific approach to farming, was the novel concept of agricultural organization that he introduced into the country districts.
Hard on the heels of the founders of the Cape of Good Hope Agricultural Society, F. W. Reitz heralded his arrival in the Overberg by establishing the Swellendamsche Genootschap van Landbouw in March 1832. Organized agriculture was a revolutionary concept to the nineteenth century Cape. Competitive exhibition is perhaps the final test of a farmer's affinity with his soil and his stock, for it demands a pride of ownership and achievement that is a sensitive gauge of a farming community's virility. For the first quarter-century of its existence, F.W. Reitz was-in the guise of Secretary - the sine qua non of the SwellendamAgricutural Society, the only body apart from the Cape of Good Hope Agricultural Society in the Western Cape. Single-handed, through the force of his vigorous pen, he induced other Overberg towns to stage agricultural shows. Recognition was slow in coming. Three decades elapsed before Overbergers welcomed him as an agricultural prophet at th eGreat Western Exhibition at Swellendam in 1864, when Robert Southey, the Colonial Secretary, did him the singular honour of coupling his name with that of the toast he had come to propose to the Swellendam Society. It was a fitting occasion to honour F.W. Reitz, for he was the principal latter-day architect of the rural pattern represented within the sheds and stalls of the show. It was an acknowledgement of the Overberg's indebtedness for his unique contribution to its welfare.
Sir George Grey was his friend, and set great store by his agricultural prognostications. He appointed him one of the Commissioners to arrange produce of the Colony for display at the International Kensington Exhibition of 1862. He was a vice-chairman of most agricultural shows held about this time. From the middle of the century to 1870, he was the kingpin of Cape agriculture, and his word and writings were law in the countryside.”

 

Algemene Jaarverslag, en presidents rede van Swellendam Landbou Genootskap - 29Julie 2015 – Thys Swart (Uitrede en afskeid)


Van my kant af ook dan hartlik welkom by ons jaarvergadering aan al ons lede en borge maar laat my toe om net die volgende gaste te verwelkom nl ons burgemeester wat dan ook die skou se beskermheer is nl Nicolas Myburg en sy gade Sally. Nicolas en Sally welkom en dankie vir jul albei se betrokkenheid by ons skou.
Dan ook aan die Vise Pres van Agri Expo nl Hugo Lochner `n hartlike welkom! Hugo sal ons later vanaand toespreek. Dit is altyd interressant om na Hugo te luister. Vir die van u wat dit nie weet nie Hugo was ook vir lank joernalis en later redakteur van Landbouweekblad.


Inleiding
Ek het `n passie vir landbou. Dit is waarom ek vanaand hier staan, vir drie jaar as president, maar reeds 7 jaar betrokke by Swellendam Landbou genootskap. Landbou het ons area, die Overberg ontwikkel. Landbou het ons land ontwikkel…. Landbou is onlosmaaklik deel van die ekonomie en vorm dit die basis van die meeste ekonomiese bedrywighede ook hier in ons dorp. Landbou is nie net plaaslik`n reuse faktor ekonomies nie, maar ook nasionaal. Daar is egter rooiligte wat flikker. Kommersieele landbouers se getalle daal drasties en daar is geen stop daaraan nie. In `n vergadering einde verlede jaar het Mathews Phosa o.a gesê dat Suid-Afrika se kommersiële boere die afgelope 15 jaar van 66 000 tot slegs 28 000 afgeneem het. 28 000 boere wat 55 miljoen mense moet voed. Getalle van kommersieele boere neem af met meer as 2500 per jaar. Boonop is die gemiddelde ouderdom van die 28 000 oorblywende boere 62 jaar... Minder boere beten ook minder werksgeleenthede. Netwerk 24 haal Phosa as volg aan:” Die hoogste werkloosheidsyfer in die land se geskiedenis is onder meer te wyte aan die afname in die aantal kommersiële boere.”
Daar is verskeie ekonomiese redes waarom boere minder word. Veiligheid op ons plase is `n groot faktor. Ek wil een koerant opskrif van 10 Junie vanjaar aanhaal:” boer oorleef vyfde aanval in minder as ʼn jaar...” Hierdie toedrag van sake is onaanvaarbaar en is dit nie net die boere nie maar ook hul werksmense wat met elke plaasaanval geraak word... Volgens TLU was daar ʼn totaal van 277 bevestigde plaasaanvalle en 67 bevestigde plaasmoorde in 2014 alleen. Ek haal TLU se persverklaring verder aan: “Dit wil egter voorkom of die statistieke ten opsigte van 2015 tot op hede selfs donkerder as 2014 se syfers is.” Ons boere se taak is om kos te produseer...dit is wat ons wil doen maar ons het die reg op veiligheid en beskerming.
Nog `n groot faktor is dat ons boere minder raak is die feit dat daar geen beskerming en ondersteuning is vir boere vanaf regerings kant nie. Om hier `n voorbeeld uit die suiwel bedryf te neem: “In die eerste vyf maande vanjaar is 17 miljoen liter langlewemelk ingevoer, waarvan 7 miljoen liter net in Mei was.” Een van die grootste invoerders was die supermark groep Checkers wat melk uit Pole en Argentinie ingevoer het. Hierdie invoere het melkpryse op die plaas laat tuimel tot met bykans `n rand in sommige streke. Kleiner Melkboere kan nie hierdie val in pryse absorbeer nie... Hierdie invoere het `n gesonde suiwel situasie in ons land in `n oomblik omgekeer na `n krisis situasie.
Krimpende boere getalle het ook op ons Landbou genootskap op die langduur `n invloed. Of ons dit wil weet of nie... Hierdie skou wat reeds 183 jaar oud is, is die twede oudste skou en die oudste aaneenlopende skou in die Suidelike halfrond. Swellendam skou sal boere en landbouers in die toekoms moet kan inspireer en ondersteun deur die vertoon platvorm daar te stel soos dit die afgelope 183 jaar plaasgevind het... Maar ons sal nog meer moet doen as wat ons die afgelope jare gedoen het...daar wag `n besondere taak op die komitee`s van hierdie skou vir die toekoms. Inspireer, bemoedig en op een of ander wyse moet die verbruiker nader aan die boer gebring word... die boer het die verbruiker se ondersteuning en lojaliteit nodig en skoue kan juis dit doen om die twee bymekaar te bring. Dit het ek met Agri Expo se kaasfees ervaar waar ek reeds 7 jaar lank uitstal en die geleentheid gebruik om verbruikers in te lig oor die lief en leed van voedselproduksie.
Aan die positiewe kant is ons in ons streek dankbaar vir goeie reen en die grane het redelik herstel na die droogte in planttyd , ons hoop op n goeie opbrengs en redelike pryse. Verder is rooivleispryse stewig in teensteling met suiwel pryse...
Lede
Swellendam Landbou genootskap se getal lede styg jaar op jaar matig maar ons sal graag heelwat meer lede wil inskryf. Ons lede bestaan uit o.a. Ere lede, Borge lede, Vertooners en gewone lede.
Ons ere lede bestaan uit ons Oud skou presidente nl Michael Dippenaar, Johan van As, Dirkie van As, Sakkie Franken, Elna Lambrecht, Frans Hugo en Charles de Kock. Ander ere lede is Willem van der Watt, Simon Streicher enTannie Charlotte Weigh. Laas genoemde is reeds 51 jaar lid.
`n Spesiale woord van vermelding en waardering aan Buffeljags Landbou vereeniging wie se lede almal ook lid is van Swellendam skou. Hierdie boerevereeniging betaal dan ook namens hul lede die ledegeld oor aan die skou. Baie dankie aan hierdie boere vereeniging.
Borge
Ons borge speel `n geweldige groot rol in die voortbestaan van ons skou. 90% van ons 2015 borge kom uit ons eie dorp wat daarop dui dat hul betrokke wil wees. Elke borg is belangrik maar ek wil net die anker borge by name noem. Hulle is Swellendam Super SPAR . Kosie en Mariette het reg van die begin af ingeklim en betrokke geraak by verskeie skou aangeleenthede soos die skou dans en kroning van die skou koningin en baie meer. Ook Agri Expo wat al `n baie lang pad met ons saamloop en elke jaar n groot bydrae maak. Agri Expo is die voortsetting van Die Kaapse Landbou Genootskap wat drie maande voor Swellendamskou gestig is. Hugo dra asb ons waardering oor aan jul komitee. Die ander anker borg is PSG wat ook `n twede jaar betrokke is op die skou. Edward Thirion is die skakel persoon hier.
Dankie aan elke borg wat `n bydrae op een of ander wyse by die 2015 skou gelewer het.
Skou komitee & werkers
Dan kom ek by die skou komitee wat betrokke was by die afgelope skou. Elkeen het `n reuse bydrae gelewer. Hierdie kommitee doen alles gratis en word nie vergoed nie. Dames en here hierdie persone het onbaatsigtig, lang ure ingesit om die 2015 skou `n baie spesiale en onvergeetlike skou te maak. Die vise President Kobie Smit en die res van die span het alles laat gebeur met `n geesdrif en ywer wat dinge net eenvoudig laat gebeur het. Dit was `n voorreg om vir amper 7 jaar saam met julle in dieselfde juk te kon trek. Al die eer en lof kom my kommitee toe. Baie dankie weereens.
Ook Willem en sy span werksmense het goed gedoen met die voorbereiding van die terrein en soos gewoonlik het ons vanjaar weer een van die netjieste skoue in die land gehad. Sonder Willem en sy span se moeite en harde werk sal Swellendam skou nie vertoon soos wat hy tans vertoon nie.
Skou 2015
Swellendam skou 2015 was in alle opsigte `n reuse sukses. Die getal voete deur die hekke het 2014 oortref. Finansieel is die skou ook vanjaar uitstekend gevaar. Die finansiele verslag sal later vanaand aan u voorgehou word deur Suzaan Groenewald.
Seksies
Terein uitleg
2015 skou het `n unieke en besondere uitleg gehad. Besoekers aan vanjaar se skou was aangenaam verras om `n totaal anderse uitleg aan te tref. Daar was `n “foodcourt” met sy kos stalletjies onder die bome, die binne ruimte van die stoor het `n tv skerm en kuier plek gehad, die implimente uitstallers het saam gespan en `n groot tent opgerig waar verskeie praatjies vir boere aangebied is, die skaapskou was by die hoofhek en as die bokskompetisie nie op die nippertjie gekanselleer was nie het ons nog `n boks kompetisie ook in die skaap lokaal gehad.
Ek wil twee mense uitsonder wat hier baie voetwerk gedoen het met die uitleg van vanjaar se skou naamlik Johannes Langenhoven en Kobie Smit. Hulle het baie ure ingesit met beplanning en gesprekke en oorreding waar oorreding nodig was...
Sekuriteit en veiligheid
Met die Sekuriteit en veiligheid is daar altyd groot uitdagings maar Leon Ras het weereens hierdie aspekte baie goed hanteer. Daar sal egter indringend gekyk moet word na die beveiliging van ons skoukantoor tydens skoutyd. Leon het op `n vorige vergadering verskeie leemtes uitgewys wat risiko mag inhou. Veiligheids hekke is wel aangebring kort voor vanjaar se skou maar ek stem saam dat meer gedoen sal moet word.

Afdelings

By ons verskillende afdelings het dit vanjaar besonders goed gegaan.
By die Perde, met Alice Stemmit en haar kommitee in beheer, was daar vanjaar 65 vertoners, Dian van Deventer en sy manne het by die beeste `n Jersey, en vir die eerste keer ook `n Ayrshire skou gereel.
Daar het ook `n baie interressante skaapskou plaasgeving en vir die eerste keer is skape geskou by die hoofingang van die skou. Johannes Langenhoven was meestal hier betrokke.
Een van die juwele van ons skou was weereens die Jeugskou. Onder leiding van Paulus Jordaan het meer as 100 kinders deelgeneem en hulle het so ver gekom soos van Oakdale, Augsburg, Witzenberg en Boland. Deelname van plaaslike skole was ook goed verteenwoordig.
Met die slaglam kompitiese het dit baie goed gegaan asook met die veiling daarna. Hierdie kompetisie is `n belangrike een en word van die beste slaglammers vanuit ons distrik ten toon gestel. Nie minder nie as 52 slaglammers is ten bate van die skou opgeveil. Johannes Langenhoven en Frans Hugo het hier voor gevat.
2015 se Damesoggend was `n reuse sukses. Ek was een van die beoordelaars by die dames se tafels, elkeen moes `n tema uitbeeld. Ek was verstom oor die talent wat ons plaaslik het en dit was baie moeilik om die plekke te bepaal. Nickey, Mirriam en Moira het werklik `n puik geleentheid hier gereel en aangebied.
Met die stalletjie uitstallers is ons baie trots dat daar `n groeiende tendens is dat uitstallers vanuit Swellendam en omgewing kom. Daar was 15 kosstalletjies wat almal in die “food court” naby die hoofhek geplaas is met `n kuier plek in die middel. Hier het n heerlike feestelike admosfeer geheers en dit is iets om op voort te bou. Binne was 30 stalletjies en buite 20. Elna Lambrecht met Eric Basson se hulp is die stalletjie uitstallers hanteer.
By die Biertuin was Gerrie Engela aan die stuur van sake en was daar `n besonderse atmosfeer en skougangers het graag daar saamgekuier.

Kunstenaars
Swellendam skou het puik vermaak aangebied en die kunstenaars het goed afgegaan by Swellendam. Jannie De Bruin het vir baie pret gesorg vir die kleinspan Donderdag aand terwyl Cheree en Gerhard Steyn groot gehore getrek het die Vrydag en Saterdag aand onderskeidelik. Nickey Baransky het die kunstenaars hanteer.

Bedankings
Dankie weereens aan alle borge, vertoners, lede, skougangers, kommitee lede, seksies en werkers vir die suksesvolle 2015 skou.
Dankie aan Suzaan Groenewald wat met baie reelings betrokke was. Ek dink as sy saans gaan slaap droom sy net skou.... Sy het soveel energie wat `n groot bydrae gemaak het.
Ook dankie met vanaand se voorbereidings Suzaan, Liandra en Marieta.
Spesiale woord van dank aan my sekretaresse Elna Lambrecht waarmee ek die laaste drie jaar kon saamwerk. Sy was my staatmaker, sy is die een met die kennis en ondervinding. Ek kon altyd op haar staat maak. Elna, jy is meer werd as goud en silwer....mag die nuwe kommitee dit besef...
Kobie Smit, my vise president, magtag jy het net nie einde nie!!!! Ek kon nie meer byhou nie! Kobie het soveel idees en as die een nie werk nie is die volgende een daar totdat dit werk!!! Kobie het `n groot bydrae gelewer en dit was n voorreg om saam met hom te kon dien. Seksie hoofde en kommitee lede, ek gaan julle mis. Dit was harde werk maar dit was amazing verby...`n ondervinding soos min... `n hoofstuk in my lewensverhaal wat ek altyd sal koester... Baie dankie julle is werklik pragtige mense en ek wens die gemeenskap kon besef wat elkeen van julle insit en beteken vir hierdie genootskap.


Afsluiting
Ek maak vanaand klaar by Swellendam Landbouskou tydens my 7de jaar. Ek kyk terug na `n tyd van seksiehoof by die beesafdeling waar ons vir drie jaar na mekaar elke keer met 7 vertoners meer as 100 Simmentalers kon skou. Daarmee saam ook groot Jersey skoue. Ek kon deel wees van die groot skou tydens die 180 jarige vieringe, ek moes as president oorneem die jaar na die grootskou. Ek moes Chales de Kock se se voetspore volstaan na drie goeie jare. Dit was `n “tall order” maar ons is ook deur daardie eerste jaar beter as wat ons ooit kon droom. Dankie aan elkeen vir die ondersteuning tydens hierdie tyd. Sonder my kommitee, die borge en my vriende sou ek nie instaat gewees het om my tydperk te voltooi nie. Ek wil my Hemelse Vader bedank vir genade en liefde want HY het my deurgedra....alles wat ons is, alles wat ons het is net genade....
Ek dank u

Algemene Jaarverslag en presidents rede van die Swellendam Landbou Genootskap - 21 Mei 2014 (Thys Swart)

Landbou vorm die basis van die ekonomie hier in Swellendam. Op een of ander wyse is elke besigheid op ons platteland direk of indirek afhanklik van landbou en landbou produksie. Daar word gesê dat mynbou die grootste bydraer is tot ons land se ekonomie, maar ek glo vas dat Landbou in sy totale waarde ketting die grootste bydrae lewer. Vanaf die inset kant, asook die uitset kant. Die plaaslike produksie, verwerking, verspreiding en bemarking van voedsel,vesel, en ander produkte bespaar nie net ons land valuta nie maar gee `n lewensbestaan vir miljoene mense. Die verbruiker, besighede en die regering, plaaslik, provinsiaal en Nasionaal moet die belangrikheid besef om Landbou in stand te help hou deur ondersteuning en selfs net begrip te he vir die uitdagings waaraan landbouers elke dag aan bloot gestel is. Vanaf 1993 tot nou het Suid-Afrika 1 350 boere per jaar verloor wat ophou boer het weens verskeie redes o.a. plaas veiligheid, ongunstige landbou toestande en gebrek aan ondersteuning van regerings kant. Tans is daar minder as 35 000 boere in Suid-Afrika wat voedsel produseer vir meer as 50 miljoen mense, wat beteken dat elke landbouer tans 1 400 mense voed.Nou wat het dit te doen met Swellendam skou? In Nov 1831 is die Kaapse Landbou genootskap gestig en die prokureer generaal mnr Oliphant, het in sy toespraak gese dat Landbou noodsaaklik is vir die voorspoed van die kolonie en dat dit die hele gemeenskap raak. 4 mnde later is Swellendam skou in Maart 1832 deur FW Reitz snr gestig. Vandag is hierdie skou waarvan u die lede is, die oudste aaneenlopende skou in geheel Suid Afrika. Die Kaapse skou se opvolger vandag is Agri Expo wat ook ons hoofborg is reeds vir baie jare.
Vir die afgelope 182 jaar was hierdie skou reeds Swellendam Landbou se vertoonvenster. FW Reitz het die versiendheid gehad vir die stigting van hierdie skou om Landbou en ook ons distrik te kon bevorder. Ek haal aan uit Edmund Barrows se boek Overberg Outspan: “F.W. Reitz's (Sr.) over seas education laid the basis of the broad, scientific outlook that made him at once return the premier agricultural reformer of the Cape Colony. But more important than this scientific approach to farming, was the novel concept of agricultural organization that he introduced into the country districts. F. W. Reitz heralded his arrival in the Overberg by establishing the Swellendamsche Genootschap van Landbouw in March 1832. Organized agriculture was a revolutionary concept to the nineteenth century Cape. Competitive exhibition is perhaps the final test of a farmer's affinity with his soil and his stock, for it demands a pride of ownership and achievement that is a sensitive gauge of a farming community's virility...”
En dit is presies wat ons as `n skou steeds wil doen en dit is om Landbou te bevorder, ons is `n Landbou skou, feeste en vlooimarkte het hul plek, maar ons fokus is landbou en ons sal by landbou bly. In die woorde van mnr Olifant in 1831 : “voorspoed binne landbou raak elkeen positief”
Lede
Sonder ons lede sou on geen bestaan kon maak nie. Ons lede tal is besig om jaar na jaar weer te groei danksy die betrokkenheid van ons gemeenskap en die familie gevoel wat tans weer by die skou ervaar word. Tans bestaan Swellendam Landbou Genootskap uit 220 lede. Ons ledelys is beskikbaar by Elna ons sekretaresse. Hierdie Genootskap is trots op al sy lojale lede, daar is sommiges wat reeds langer as 50 jaar elke jaar hul lede geld by ons kantoor kom betaal. Op `n gepaste wyse gaan ons op `n latere stadium vanaand eer bewys aan een van ons jare lange lede nl tannie Charlotte Weich.
Uit wie bestaan die ledelys van die Swellendamse Landbou Genootskap? Daar is ons gewone lede wat elke jaar hul lidmaatskap hernu, daar is lede wat lid is deurdat die boerevereenigings hul lede geld namens hul oorbetaal, vertoners is lid deurdat hul inskrywings ledegeld insluit, daar is erelede en daan ook baie belangrik, ons borge lede. Soos met die vertoners word elke persoon wat borg ook lid van die Genootskap.
Borge
Van borge gepraat: Hier wil ek `n wyle stilstaan. Vanaand is nie net die jaarvergadering nie maar ons wil ook ons borge vanaand vereer vir hul betrokkenheid. Vir vanjaar se skou het ons weer `n mylpaal bereik! Daar was meer as 100 borge vanjaar betrokke en ek dink dit is `n rekord getal vir die nabye verlede. Wat meer is, 90% van ons borge kom vanuit ons dorp. Dit beteken net een ding en dit is dat ons besighede betrokke wil wees en dat hul die belangrikheid van landbou in die plaaslike ekonomie verstaan. Ek wil vanaand net ons Platinum en goue borge by die naam noem, maar verstaan mooi! Ons kan nie skou sonder al ons borge nie, groot en klein is almal belangrik. Ons Platinum en Goue borge is : Agri Expo, Coronation, Rotary, Lancewood, PSG en SPAR.
Skou komitee & werkers
Ek wil al die seksie hoofde en komitee lede bedank vir `n puik skou aangebied. Die skou komitee was uiters effektief in die reel van 2014 se skou. Dit gaan onregverdig wees as ek name noem want sommige het baie hard voor die skerms gewerk en ander agter die skerms. Die komitee lede word nie vergoed nie en doen al die opofferings en werk uit die liefde van die saak. Vir die van u wat al op die komitee gesit het weet presies waarvan ek praat. Aan my skou komitee baie dankie vir al jul opofferings en harde werk. Terwyl ek by die skou komitee is wil ek net nog `n mylpaal noem van hierdie skou en dit het te doen met ons skou sekeretaresse. Elna Lambrecht was `n klompie jare gelede die eerste vrou wat in Suid Afrika verkies is tot skoupresident en tot op hede is ek nie bewus van enige ander skou wat `n vrou as president gehad het nie. Ek wil ook aan u ons skou komitee voorstel direk na hierdie jaarverslag en vra dat elkeen van julle na vore sal kom sodra ek hierdie verslag voltooi het.
Ook Willem en sy span het goed gedoen met die voorbereiding van die terrein en soos gewoonlik het ons vanjaar weer een van die netjieste skoue in die land gehad. Willem is so ernstig oor die skou se terien dat hy selfs planne gemaak het om geld te spaar sodat daar genoeg verf kon wees om die skou te verf en mooi te maak. Sonder Willem en sy span se moeite en harde werk sal Swellendam skou ook nie wees wat hy is nie. Willem, ons as Swellendam skou wil jou vanaand vereer vir die jare lange diens wat jy aan hierdie instansie verrig het. Ons sal jou in die loop van die aand ook voorentoe roep.
Skou 2014
Swellendam skou 2014 was in alle opsigte `n reuse sukses. Die getal voete deur die hekke het ons verstom en teen Vrydag is die vorige jaar se getalle reeds oortref. Vanaf Woensdag tot Saterdag is daar bykans 5 000 mense deur die hekke. Dit sluit skougangers, vertoners en uitstallers in. Finansieel is die skou ook vanjaar baie beter af en kan ons tevrede voel met ons groeiende inkomstes. Die finansiele verslag sal net hierna aan u voorgehou word.
Seksies
By ons verskillende seksies het dit vanjaar baie goed gegaan. Perde siekte het wel meer as 30 vertoners weggehou maar die perdeafdeling het steeds `n volprogram gehad met meer as 100 perde, by die beeste het `n Jersey skou plaasgevind met verskeie plaaslike vertoners en vertoners vanuit die nabye omgewing. Daar het ook `n skaapskou plaasgeving met ongeveer 50 inskrywings.
Een van die juwele vanjaar was die Jeugskou. Daar het 110 kinders aan die jeugskou deelgeneem! Hier le ons toekoms! In die jeug. Hierdie was `n kwalifiserende jeugskou vir WP en dit is dan ook die eerste keer wat dit hier plaas vind. 50 kinders van die Laerskole Swellendam, Buffeljags en Bontebok het deelgeneem. Bontebok Primer het 10 deelnemers gehad en Swellendam Sekonder ook 10 leerders. `n Verdere 60 tal leerders van Oakdale, Overberg, Augsburg en Ceres het ook deel geneem.
Met die slaglam kompitiese het dit baie goed gegaan asook met die veiling daarna. Hierdie kompetisie is `n belangrike een en word van die beste slaglammers vanuit ons distrik ten toon gestel.
Met die stalletjie uitstallers is ons baie trots dat daar `n groeiende tendens is dat uitstallers vanuit Swellendam en omgewing kom. Daar was dus ook verskeie plaaslike uitstallers wat pryse gewen het vir die beste uitstalling by die skou.
By die kindervermaak, dromverf, skattejag, modeparade, boeresport en ander aktiwiteite het dit behoorlik gekook en verskeie Swellendammers het vanself ingespring en kom help met die aanbiedinge daarvan.
By die wyntuin het dit vanjaar besonders goed gegaan en was daar voorwaar puik samewerking tussen die skou en die wyntuin. Die kos was heerlik en dit was `n gewilde bymekaar komplek. Ook by die biertuin was daar `n besonderse atmosfeer en skougangers het graag daar saamgekuier.
Swellendam skou het puik vermaak aangebied en die kunstenaars het goed afgegaan by Swellendam. Veral Nataniel en Ray Dylon het groot opkomste getrek.
Bedankings
As president wil ek dan net weereens my dank uitspreek teenoor my skou komitee, terein werkers, skou lede, vertoners en borge. Julle lojaliteit, teenwoordigheid en betrokkenheid by hierdie Landbou Genootskap is van kardinale belang. Ons almal saam gaan 2015 nog `n groter sukses maak.
Afsluiting
Om mee af te sluit wil ek u net inlig dat vanaand se vergadering en dinee anders gaan verloop as wat u gedink het. Vanaand moet u inval, deelwees en deelneem en die gees van Swellendam skou van 150 jaar terug beleef. In die 1800`s het die Kaapse regering geld bewillig om 6 groot skoue in die kolonie te hou. In Maart 1864 was dit Swellendam se beurt. Ons skou was toe al reeds 32 jaar oud. Vanjaar was dit presies 150 jaar gelede wat hierdie groot skou aangebied was. Dit was `n baie besondere skou. En ek wil hier hoogte punte van 150 jaar gelede uitlig:
• Die Kadie is gebruik om hoe gaste vanuit Kaapstad te vervoer tot by Malgas om die skou by te woon.
• Droogte en perde siekte het hul tol ge eis maar die organisasie was goed en die opkoms ook.
• Tydens hierdie skou is daar vir die eerste keer `n telegram van `n skou af weggestuur sodat die uitslae van die skou die volgende dag in die pers kon verskyn.
• Een van FW Reitz se werkers het die prys vir die beste skaap skeer gewen.
• Die Cape Argus berig: Dit was die beste wolskaap skou ooit en sou op enige skou in die wereld gunstig kon meeding.
• Mnr Rawbone was nie toegelaat om sy gewere en ammunisie ten toon te stel nie omdat dit nie Landbou kundig was nie!
Een van die hoogte punte van die Swellendam skou van 1864 was die skou vergadering en dinee. (Nou ja hier sit ons vanaand in `n skou vergadering en dinee en dit is presies 150 jaar later.)
By die skou vergadering van 1864 was daar bykans 200 gaste. En ek haal aan: “Dit was destyds die gewoonte om dinees by enige groot geleentheid aan te bied en persone te vereer. Heildronke was `n belangrike deel van die sosiale verkeer. By hierdie skou was daar nie minder as 43 persone wat of `n heildronk ingestel het of daarop moes antwoord nie. Dit was die meeste vir enige skou vergadering nog. Hier is `n paar heildronke van die betrokke aand:
• Die voorsitter Joseph Barry stel `n heildronk in op die koningin.
• Die voorsitter stel `n heildronk in op die goewerneur.
• R Southey , sekretaris van die regering antwoord namens die goewerneur.
• Mnr JJ Barry stel `n heildronk in op die siviele kommissaris van Swellendam
• Mnr van Oudshoorn antwoord
• Mnr Van Oudshoorn stel `n heildronk in op die predikante
• Eerw Baker antwoord.
• FW Reitz stel `n heildronk in op die Kaapse skou vir hul ondersteuning
• Mnr Bayley antwoord
• R Southey stel n heildronk in op die Swellendamse Landbou Genootskap.
• FW Reitz antwoord en word op `n stoel rond gedra as teken van respek.
• Thomas Moodie stel `n heildronk in op die handel in Swellendam.
• Adv Barry stel n heildronk in op die pers.
• Mnr Joubert stel n heildronk in op mnr Kirsten die sekretaris.
• Mnr Kirsten antwoord en word gestoel.
• Mnr Kirsten stel n heildronk in op Thomas Barry van Port Beafort wat met die skou en ete gehelp het.
Ons wil in die gees van 150 jaar gelede dieselfde ervaring beleef en laat herleef. Met vele skoue wat eenvoudig net doodloop of ophou om te bestaan is ons skou steeds springlewendig en sal voortgaan om `n positiewe bydrae tot landbou te lewer. Ek wil u aanmoedig om deurlopend vanaand op te staan en n heildronk in te stel op enige persoon of instansie wat gekoppel is aan hierdie skou of landbou. Kom ons verbeter die 43 heildronke van 1864. Ek wil vanaand die eerste wees om vanaand `n heildronk in te stel op die Swellendam Landbou genootskap se 182 jarige bestaan. Mag ons skou net voorspoed beleef met nog 182 jaar!
Ek dank u.

 

 

Daar is vandag geskiedenis gemaak tydens die Swellendam Landbou Genootskap se jaarvergadering toe daar vir die eerste keer in die skou se bestaan van 182 jaar, daar `n vrou gestoel is nadat daar `n heildronk op haar ingestel is. Tannie Charlotte Weich is reeds lid by die genootskap vir langer as 50 jaar. Sy het `n toekenning en erelidmaatskap ontvang. (21 Mei 2014)

 

Skou uitnodiging - Maart 2013

Graag wil ek ieder en elk hartlik uitnooi na die Swellendam skou 14-16 Maart. Die Swellendam Landbougenootskap het hierdie maand 181 jaar oud geword en ons sit ons skoutradisie voort. Ons bou voort op ons leuse van drie jaar gelede nl: “Terug na Landbou!”
Landbou vorm een van die hoekstene van die Weskaap se ekonomie deur voedsel- en veselproduksie, werkskepping en Agri-toerisme. Landbou lewer ook `n waardevolle bydrae tot die mooi, netjiese en rustige landskap van die platteland en soveel te meer in ons eie distrik. Dit is na hierdie atmosfeer van goudgeel Kanola bloeisels, goue koringare wuiwend in die wind, troppe skape en beeste wat rustig teen die hellings wei, waarheen soveel stedelinge vakansies en naweke heen ontvlug. Op Swellendam skou kom spog die landbouer met die beste uit sy kuddes, hetsy perd, bees of skaap. By hierdie geleentheid wil ons nie net hê die landbouers moet hul diere aan mekaar vertoon nie, maar ook aan die publiek, die verbruiker. Ons verlang groter blootstelling en interaksie tussen verbruiker en landbouer. In `n tyd waar die stedeling en dorpenaar al verder verwyder word vanaf voedselproduksie wil Swellendam skou weer die publiek die geleentheid gee om na hul wortels terug te keer. Kom kyk hoe lyk ons plaasdiere, kom vat aan hulle en knoop `n geselsie aan met die vertoners. Met ons uitstallings en stalletjies het ons ook gefokus op “PLAASLIK”. Produkte van en uit die kontrei. Ons het ook ons plaaslike musikante betrek.
Vanaf Donderdag vind daar `n propvol perde program plaas, met bykans 181 perde wat geskou word, die meeste in die laaste 10 jaar! Een perd vir elke bestaansjaar! Die Jerseyskou vind op Donderdag plaas terwyl `n Simmentalerkursus op Vrydag plaasvind. Ook op Vrydag vertoon kommersiele skaapboere vir die eerste keer, hul beste diere uit hul kuddes. Stoetskape skou egter ook, `n Vleis-Merinoskou vind ook op die Vrydag plaas. Almal wat `n troeteldier het kan op Saterdagoggend hul eie diere kom ten toonstel tydens die troeteldierkompetisie en hier wil ons vele inskrywings he!
Die Jeugskou vind ook Saterdag plaas en die kleinspan kan in die MPO plaaswerf na hartelus inkleur en speel met die kalfies en lammertjies wat op uitstallings is…
Wat die vermaak aanbetref het ons vanjaar die kulkunstenaar Johan Yssel, sanger Pieter Smith (Stukkie van der Merwe), trekker, helikopter en ponie rite, skattejag en nog vele meer…
Ons pragtige skou koningin en haar prinsesse is vanjaar Debbie McAlister, Elnora Crous en Michelle Fenwick.
.
My hartlike dank aan al ons borge, ons hoofborg Agri Ekspo, skougangers en ondersteuners. Sonder jul bydrae kan ons nie die tradisie van 181 jaar laat voortleef nie. Dankie aan die bestuur wat alles ingesit het en geen vergoeding hiervoor ontvang nie, maar die passie het dat Swellendam skou sal voortleef om die Landbouvertoonvenster te wees vir `n verdere 181 jaar!
Kom geniet vanjaar se Swellendam Skou 2013
Thys Swart
President
Swellendam Landbougenootskap